Dit is nie net in die tradisionele skoolsport waarin ons leerders uitblink nie.

Die afgelope paar jaar het die skool ook GW-verteenwoordigers in onder andere rolbal, karate en skopboks, fietsry, internasionale korfbal, jukskei en vrouerugby opgelewer.

Ons het ook al Griekwas in gimnastiek, muurbal en swem opgelewer. As leerders wat in sulke sportsoorte presteer aan die voorgeskrewe vereistes voldoen, word hulle by ons met eretoekennings vereer. Leerders kan ook die Prestige toekening (witbaadjie) ontvang wanneer hulle uitmuntend presteer.

Dit is deel van ons beleid om leerders tot die beste van hul vermoë te ontwikkel.

SPORTGERIEWE

4 netbalbane
4 tennisbane
2 hokkievelde
6 krieketnette
Uitstekende krieketkolfblad
Talle buite-afrigters
Ten volle omheinde terrein
Volledige toegeruste gimnasium

RUGBY

Hier kry die seuns die geleentheid om in een van Adamantia se drie rugbyspanne op die veld uit te draf.
Leerders kry ook die geleentheid om aan provinsiale proewe deel te neem. Ons jaarlikse toer bly beslis een van die hoogtepunte.

NETBAL

Die netbalspanne is aktief betrokke in hul onderskeie ligas.
Die meisies neem ook jaarliks aan die provinsiale proewe deel.

HOKKIE

Die hokkiespanne word jaarliks in die liga ingeskryf en die meisies kan ook aan die provinsiale proewe deelneem.
Die A-spanne kry die geleentheid om op die Astro-baan te oefen en wedstryde daar te speel.

TENNIS

Die tennisspelers word jaarliks in die liga ingeskryf vir enkel-sowel as dubbelspel.

SKAAK

Leerders kry ook die geleentheid om hul brein te stimuleer deur by die skaakgroep aan te sluit.

ATLETIEK

Atlete kry jaarliks die geleentheid om hulle staal te wys tydens verskeie atletiekbyeenkomste.

KRIEKET

Adamantia skryf jaarliks twee krieketspanne vir die liga in.
Die meisies kry ook die geleentheid om krieket te speel.
Een van die hoogtepunte is die wedstryd tussen die rugby- en krieketspelers.

KARATE

Hoërskool Adamantia is een van die min skole in die land wat daarmee kan spog dat hulle karate as skoolsport aanbied.
Die leerders kry ook die geleentheid om op die hoogste vlak te gradeer.