SLAAGVEREISTES.

Graad 8 – 9

Leerderprestasies moet aan die hand van die volgende tabel geëvalueer en gerapporteer word:

UITMUNTENDE PRESTASIE 7 80 – 100
VERDIENSTELIKE PRESTASIE 6 70 – 79
BEDUIDENDE PRESTASIE 5 60 – 69
VOLDOENDE PRESTASIE 4 50 – 59
MATIGE PRESTASIE 3 40 – 49
BASIESE PRESTASIE 2 30 – 39
ONTOEREIKENDE PRESTASIE 1 0 – 29

BEVORDERINGVEREISTES
’n Leerder kan slegs vorder indien hy/sy aan die volgende vereistes voldoen:

BEVOEGDHEIDBESKRYWING VLAK % LEERAREA
VOLDOENDE PRESTASIE 4 50 – 59 Afrikaans
MATIGE PRESTASIE 3 40 49 Engels
MATIGE PRESTASIE 3 30 – 39 Wiskunde
MATIGE PRESTASIE 3 40 – 49 Vak 4
MATIGE PRESTASIE 3 40 – 49 Vak 5
MATIGE PRESTASIE 3 40 – 49 Vak 6
BASIESE PRESTASIE 2 30 – 39 Vak 7
BASIESE PRESTASIE 2 30 – 39 Vak 8

Opsommend:

  • Vlak 4 in Afrikaans
  • Vlak 3 in Engels
  • Vlak 3 in Wiskunde
  • Nog 3 Vlak 3’s in enige ander drie oorblywende leerareas
  • Nog 2 Vlak 2’s in enige ander twee oorblywende leerareas

‘n Leerder in Graad 8 en 9 mag slegs in EEN vak (vakke in die eerste drie hierbo uitgesluit) ‘n Vlak 1 behaal.

Gr Gewigswaarde vir SGA
(Junie Eksamen en toetse ingesluit)
November eksamen Totaal
8, 9 40% 60% 100%

Graad 10 – 12

’n Leerder moet ’n minimum van 7 vakke soos volg neem:

  • Vier vakke uit groep A waarvan twee amptelike landstale moet wees. Een taal moet op huistaal-vlak geneem word.
  • Enige drie vakke uit groep B
  • Om te slaag, moet die leerder in al sewe (7) vakke eksamen skryf.
  • Die sewe vakke moet soos volg geslaag word:
  VAK MINIMUM VEREISTE
GROEP A AFRIKAANS 40% (Vlak 3)
  ENGELS 40% (Vlak 3) in enige TWEE vakke
  WISKUNDE  
  LEWENSORIËNTERING  
GROEP B VAK 1 30% (Vlak 2) in nog enige DRIE vakke
  VAK 2  
  VAK 3  

Opsommend:

  • 40% (Vlak 3) in drie (3) vakke waarvan een die amptelike Huistaal moet wees.
  • 30% in enige ander drie (3) vakke.

Kondonering in die NSS-eksamen sal slegs in n maksimum van EEN vak toegepas word wanneer ‘n Gr. 12-kandidaat ‘n maksimum van 2% benodig om n slaagpunt van 40% OF 30% te behaal. Sodanige kondonering sal slegs in EEN vak toegepas word, met die verstande dat die kondonering die kandidaat in staat sal stel om die NSS-kwalifikasie te behaal.

’n Leerder in graad 10 – 12 word dus toegelaat om een vak te druip, mits dit nie die huistaal is nie.

Gr Gewigswaarde vir SGA
(Junie Eksamen en toetse ingesluit)
November eksamen Totaal
10 – 12 25% 75% 100%

VAKKE AANGEBIED

Graad 8 – 9

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Natuurwetenskappe
  • Sosiale Wetenskap
  • Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe
  • Tegnologie
  • Skeppende Kunste
  • Lewensoriëntering

Graad 10 – 12

  • Die vakkeuse kan periodiek aangepas word om in die skool en die leerders se behoeftes te voorsien.
  • Slegs leerders wat deur die Kunssentrum gekeur is, mag Kuns as ‘n vak aanbied.
  • Vakke met ‘n * gemerk, dui vakke geskik vir graadkursusse by universiteite aan. (Hierdie vakke tel ook vir toelatingspunte)

KEUSE 1

  • WISKUNDE
  • WISKUNDIGE GELETTERDHEID

KEUSE 2

  • FISIESE WETENSKAPPE (SKEINAT)
  • EKONOMIE
  • GEOGRAFIE (AARDRYKSKUNDE)
  • GASVRYHEIDSTUDIES
  • KUNS

KEUSE 3

  • LEWENSWETENSKAPPE
  • BESIGHEIDSTUDIES
  • REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE
  • KUNS

KEUSE 4

  • REKENINGKUNDE
  • TOERISME
  • LEWENSWETENSKAPPE
  • KUNS

Minimum toelatingsvereistes vir Studie na skool

Graadstudies

  • NSS (Nasionale Senior Sertifikaat deur UMALUSI uitgereik) met ENIGE 4 vakke in die lys hieronder op Vlak 4 (50%) of beter geslaag:
  • Afrikaans Huistaal
  • Besigheidstudies
  • Ekonomie
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Fisiese Wetenskappe
  • Geografie
  • Lewenswetenskappe
  • Rekeningkunde
  • Visuele Kuns
  • Wiskunde OF Wiskundige Geletterdheid (Afhangende van die studierigting)
  • Hierdie lys bevat slegs die aangewese vakke wat by Adamantia aangebied word.
  • Benewens hierdie minimumvereistes moet daar ook soms aan universiteite se verskillende fakulteitsvereistes voldoen word.
  • Keuring is by sekere studierigtings van toepassing

 

Diplomastudies

  • NSS (Nasionale Senior Sertifikaat deur UMALUSI uitgereik) en Vlak 3 (40%) of beter in enige vier van die vakke in die aangeweselys hierbo.

 

VAKPAKKETVEREISTES

Vakpakketvereistes

  • Vir die gewone Gr. 12-Nasionale Senior Sertifikaat:
  • Twee Amptelike Tale, een op Huistaalvlak, ander op 1ste Addisionele Taalvlak
  • Een moet Taal van Onderrig en Leer wees (Afrikaans Huistaal by AHS)
  • Wiskunde  of  Wiskundige Geletterdheid
  • Lewensoriëntering
  • Minimum van drie keusevakke uit Groep B
  • Meer as 7 vakke mag aangebied word, mits die addisionele vakke in Graad 10, 11 en 12 geneem word en daar aan al die interne assesseringsvereistes voldoen word, en die Hoof van die Departement of sy gedelegeerde, skriftelik toestemming verleen het.
  • Vir die Nasionale Senior Sertifikaat vir leerlinge met spesiale behoeftes:
  • Soos hierbo, maar slegs een Amptelike Taal en dié op minstens 1ste Addisionele Taalvlak
  • Minimum van slegs twee keusevakke uit Groep B
  • Vakke wat nie saam geneem mag word nie:
  • Dieselfde taal op meer as een vlak
  • Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid,
  • Inligtingstegnologie en Rekenaartoepassingstegnologie,
  • Verbruikerstudies en Gasvryheidstudies,
  • Indien Fisiese Wetenskappe geneem word, moet Wiskunde ook as vak geneem word