Hoërskool Adamantia
Adamantia Sport
 
Sport

Dit is nie net in die tradisionele skoolsport waarin ons leerders uitblink nie.  Die afgelope paar jaar  het die skool ook GW-verteenwoordigers in onder andere rolbal, karate en skopboks, fietsry, internasionale korfbal, jukskei en vrouerugby opgelewer. Ons het ook al Griekwas in gimnastiek, muurbal en swem opgelewer.   As leerders wat in sulke sportsoorte presteer aan die voorgeskrewe vereistes voldoen, word hulle by ons met eretoekennings vereer.

 
Adamantia Rugby
Wintersport - Hoërskool Adamantia neem deel aan die mediumskole liga. Ons het ’n o/16- en o/19-span in die liga.
   
Adamantia Netbal
Wintersport – Oefen op Maandae, Dinsdae en Donderdae. Liga-wedstryde word op Dinsdae en Donderdae gespeel. Griekwa-proewe word jaarliks bygewoon. Sportdae van ander skole word bygewoon. Die netbal se leuse – “’n Gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees.
   
Adamantia Hokkie
By AHS is meisieshokkie ’n hoë prioriteit. In alle ouderdomsgroepe word daar aan die A- en B-liga’s deelgeneem. Spelers kry die geleentheid om hul tegniek/vaardigheid en fiksheid te ontwikkel. Personeel word bygestaan deur kundige buite-afrigters. AHS streef daarna om die leerder in sy totaliteit te ontwikkel – op die hokkieveld implimenteer ons hierdie doelwit.
   
Adamantia Tennis Die tenisspanne speel liga in die eerste en derde kwartaal. Daar oefen gereeld ongeveer 15 leerders en dit hou groot belofte in vir die toekoms.
   
Adamantia Skaak
Die skaakspan oefen op Dinsdae direk na skool. Hierdie groep leerders is baie toegewyd.
   
Adamantia Atletiek Atlete kry geleentheid om aan verskeie byeenkomste deel te neem en kan GW-kleure behaal. Daar word waar moontlik van buite-afrigters gebruik gemaak.
   
Adamantia Krieket Krieket vind plaas onder leiding van mnr. Charl Hanekom. Daar is 'n o/19-krieketspan sowel as 'n o/15-krieketspan. Meisies word ook aangemoedig om aan krieket deel te neem.
 
4 netbalbane
4 tennisbane
2 hokkievelde
6 krieketnette
Uitstekende krieketkolfblad
Nuwe toerusting van R100 000
Talle buite-afrigters
Ten volle omheinde terrein

 

Netbal
Skaak
Tennis
Atletiek
Krieket
Rugby
Hokkie
Landloop