|
Akademie •
Sport •
Kultuur •
Hotelskool • Foto Album •
Kontak Ons •
Oud-Addies
• Funksies •
Tuisblad |

Kultuurbedrywighede skitter
By Adamantia word kulturele bedrywighede met baie groot sukses en geesdrif
aangebied en ondersteun. Ook op hierdie gebied
lewer
die skool
jaarliks
toppresteerders op.
By twee geleenthede het
ons Springbokke wat in Amerika aan die internasionale Kunsfees gaan deelneem en
met goue medaljes teruggekeer het,
opgelewer.
Die skoolkoor
het in die verlede met groot sukses
in Johannesburg aan ‘n nasionale kompetisie gaan deelneem nadat hulle as die
Noord-Kaap wenners in die Tirisano-koorkompetisie aangewys is. Tydens hierdie
fees verwerf hulle nasionaal ‘n tweede plek.
Ons leerders
vaar jaarliks uitstekend in die Afrikaanse en
Engelse Kunsfeeste.
Selfs in klassieke kitaarspel het ons ’n uitblinker in Anke de Smidt.
Ons is deel van die Engelse
Kimberley Debating Society
waar ons Afrikaanse leerders gereeld teen Engelssprekende leerders die botoon
voer. Ons het al Springbokke in Volkspele
en Landsdiens opgelewer.
Boontoe
Kultuuraktiwiteite
VCSV
—
Die VCSV spog met ‘n ledetal van 180
leerders.
Ons woon jaarliks die
Nasionale kampe by.
Ons maak gereeld
van sprekers gebruik en hou ook jaarliks ‘n takkamp en ‘n deurnag.
Die VCSV-tydgleuf is op elke Woensdag in skooltyd tydens ’n nie-akademiese
periode.
NOODHULP
—
Ons het ‘n baie aktiewe noodhulpspan.
Die lede doen gereeld diens by die onderskeie sportsoorte en tydens
sportdae.
Kursusse word bygewoon en eksamens word gereeld geskryf.
Kom in 2007
en 2008 algeheel 4de tydens die Nasionale Noodhulpkompetisie in PE en Oos-Londen.
LANDSDIENS
—
Ontvang
8
keer die afgelope 12
jaar die trofee vir die aktiefste klub in die Noord-Kaap.
Talle leerders woon Nasionale kampe
by.
Springbokkleure
is die laaste klompie jare
aan
leerders en ‘npersoneellid toegeken.
Ons is deurlopend
betrokke by projekte t.o.v. die gemeenskap:
skoonmaak– en bewaringsprojekte, uitreikaksies na ouetehuise en
die
DBV.
Klub– en gebiedskampe. Toere en uitstappies word ook gereeld
onderneem.
REDENAARS
—
Ons is deel van die Kimberley
Debating Society.
Dit gaan tans met
ons span baie goed.
Onthou, ons is ‘n Afrikaanse skool
wat gereeld kompetisies teen Engelssprekende leerders en
skole wen.
Ons neem jaarliks aan die ATKV se redenaarskompetisies deel.
VOORTREKKERS —
Talle van ons
leerders spog die afgelope klompie jare met die
Hoofleierswag- en Presidentsverkenner-toekennings.
Heelwat leerders het die afgelope jare
ORDE VAN DIE MIER-toekennings ontvang.
Sosiale en ander gebeurtenisse:
Prysuitdeling
Sivviedae
Plaaswerfaand
Restaurantaande
Sottekonsert
Seniorbal
Lolliedae
Graad 12-konsert
Mnr. en Mej. SOT
Sportdinee
Tekkiedag
Valentynsdag
Boontoe