Hoërskool Adamantia
Hotelskool
 
Gasvryheidstudies

Die Hotelskool bied opleiding aan leerders in die vak Gasvryheidstudies. Hierdie opleiding is die eerste tree na ‘n beroepswêreld met talle werksgeleenthede. Dit bied aan ons leerders die geleentheid om hulle uit te leef en elkeen se kreatiwiteit tot sy reg te laat kom. Gasvryheidstudies behels hotelorganisasie in die onderskeie afdelings van ‘n hotel, bv. ontvangs, huishouding, kombuis, kroeg en restaurant. Die leerders ontvang hier opleiding om aan hulle die nodige ondervinding te voorsien en hul bestuursvermoë te ontwikkel. Spyseniering sluit spyskaart– en maaltydbeplanning, voedingswaarde van voedselsoorte en voedselvoorbereiding in. Die leerders word opgelei om soos professionele sjefs te kook en baie klem word op persoonlike voorkoms en die eindproduk gelê. Talle besighede en groot instansies maak van ons geriewe gebruik.