| Akademie  •  Sport  •  Kultuur  •  HotelskoolFoto Album  •  Kontak Ons  •   Oud-Addies   •  Wiesenhof Koffieprodukte  •  Funksies  •  Tuisblad |

1996 - Die vak Hotelhouding en Spyseniering word ingevoer in die skoolkurukulum, en die vak word vir 'n jaar lank bedryf/aangebied vanuit die ou Huishoudkundeklas. Toe word daar met finanisële hulp van De Beers Chairman's Fund R120 000 'n opleidingskombuis (Fase 1) en restourant (Fase 2) ingerig vanuit die ou Houtwerkklas. Die totale koste vir die projek beloop R380 000. Die projek duur 3 jaar.

2005 - Daar word begin met die beplanning van Fase 3 - 'n ontvangslokaal met voorkantoor- en kroegfasiliteite. Dit sluit ook groter toiletgeriewe en toiletgeriewe vir gestremdes in. De Beers verleen weer finansiële hulp. Die nuwe kompleks word in 2007 ingewy. 

In 2006 verander die vak na Gasvryheidstudies om in te pas by die nuwe Uitkomsgebaseerde kurukulum. Die vak bestaan uit die volgende konstepte:

1. Gasvryheidsbedryf
2. Gesondheid en veiligheid
3. Voedselproduksie
4. Voedsel - en drankbediening

Tussen 40 en 50% van Gr 10-12 leerders neem die vak en is betrokke by funksies wat deur die hotelskool aangebied word.

Ons bied:

Spyseniering vir alle geleenthede.  Ons lewer hierdie diens aan die publiek asook besighede en die privaatsektor. Ons jaarlikse wildsete en plaaswerfetes is reeds baie bekend by die mense van Kimberley en omgewing, en elke jaar 'n treffer! Afgesien van die heerlikse kos, is daar ook 'n dans ingesluit waar daar tot laatnag opgeskop word!

Lokale wat beskikbaar is: Restaurant en die Saal met 'n saalvierkant. 

Restauant bied plek vir die volgende:

  • aansitete vir ongeveer 50 mense

  • vingerete vir ongeveer 70 mense

Saal bied plek vir:

  • aansitete vir ongeveer 300 mense

  • teaterstyl: ongeveer 500 mense

Die hotelskool beskik ook oor 'n goed-toegeruste kroeg.

Vir meer inligting of kwotasies, kontak gerus vir Mev Hough by die skool of by 082 491 2066.

| Akademie  •  Sport  •  Kultuur  •  HotelskoolFoto Album  •  Kontak Ons  •   Oud-Addies   •  Wiesenhof Koffieprodukte  •  Funksies  •  Tuisblad |

Laat ons jou webtuiste ook ontwerp!!