|
Damesoggend: Saterdag , 4 Februarie 2012
Die geleentheid is 'n vrolike damesoggend waar die
finaliste ook modelleer.
Elkeen sal self 'n formele tafel moet dek en ook gasvrou
moet speel vir haar tafelgaste.
Hiermee nooi ons ook alle dogters en dames van enige
ouderdom uit om dié oggend, 4 Februarie 2012 , genotvol deur te
bring saam met Moria Sewald , die aanbieder van Maatband op
KYKNET. Ons gaan ook
stalletjies hê wat vooraf
besoek kan word, wat
slegs op dames gerig is en 'n “opdress” foto-hoekie waar ma en
dogter mooi foto`s kan laat neem.
Hierdie is 'n goeie geleentheid om die verhouding tussen
ma en dogter en/of ouma en vriendinne weer af te stof of sommer
net vrouwees te kom geniet.
Die kaartjies kos R100 per/persoon en is by die finaliste en Mej
. Botha beskikbaar.
Dit sluit die volgende in:
'n drie-gang maaltyd, hope vermaak met 'n gasspreker, 'n
modeparade, stalletjies onder meer juwele, klere , Landzicht
wynkeller en 'n
foto-hoekie deur Zoomink. Koop vroegtydig kaartjies om
teleurstelling te voorkom.
|