|
‘n
Skool met skitterende Akademiese uitslae
*
100% Gr. 12-slaagsyfer die
afgelope jare
* Jaarliks leerders met gemiddelde A-simbole
*
Jaarliks talle A-vaksimbole
*
Presteerders in Vakolimpiades
*
Jaarliks talle akademiese erekleure
* Baie goeie slaagsyfers in Gr. 8 — 11
Hotelskool:
jou
toekoms...
ons trots!
Die Hotelskool bied opleiding aan leerders in die vak Gasvryheidstudies. Hierdie opleiding is die eerste tree na ‘n beroepswêreld met talle werks-geleenthede. Dit bied aan ons leerders die geleentheid om hulle uit te leef en elkeen se kreatiwiteit tot sy reg te laat kom. Hotelhouding behels hotelorganisasie in die onderskeie afdelings van ‘n hotel, bv. ontvangs, huishouding, kombuis, kroeg en restaurant. Die leerders ontvang hier opleiding om aan hulle die nodige ondervinding te voorsien en hul bestuursvermoë te ontwikkel. Spyseniering sluit spyskaart– en maaltydbeplanning, voedingswaarde van voedselsoorte en voedselvoorbereiding in. Die leerders word opgelei om soos professionele sjefs te kook en baie klem word op persoonlike voorkoms en die eindproduk gelê. Vanjaar is die laaste fase van ontwikkeling afgehandel toe die nuwe kroeg en ontvangslokaal in gebruik geneem is. Talle besighede en groot instansies maak van ons geriewe gebruik.
|