Welkom in Addieland!


Ons vier ons 50ste verjaarsdag - kom geniet dit saam met ons!

Aandag alle 1985 Matrieks!  •  Kom geniet saam met ons ons 50 ste verjaarsdag
Speel Sudoku                     Kaart - waar is Adamantia?Volg ons op Facebook!         Skaaktoernooi se uitslae
©
Hoërskool Adamantia, Kimberley 2009/2010  |   Opgedateer op 11 April 2010
Beste monitor resolusie: 1024 x 768 pixels
Sedert 20 Januarie 2009 is u besoeker nommer 
 


 
Hoërskool Adamantia, Kimberley, is 'n skool wat elke  leerder vir die toekoms voorberei.  Ons is vandag 'n gerekende skool wie se naam veel wyer strek as die grense van Kimberley en selfs die Noord-Kaap.  Hiervoor is sy mense, wat op alle terreine gewoeker en gearbei het, in hoofsaak verantwoordelik.

Die prestasies van ons leerders op akademiese, kultuur– en sport- gebied,  en die naskoolse prestasies deur ons oudleerders, getuig van die gehalte mensemateriaal waaruit die skool saamgestel is en van die gehalte werk wat hier gelewer is en steeds gelewer word.  'n Rede vir ons sukses is die hoë premie wat op die menswaardigheid van elke leerder se ewewigtige, gebalanseerde lewenswyse geplaas word.

Die Hoof, Mnr Hendrikse, se deur staan altyd oop vir alle ouers
Vir elke leerder word nuwe wêrelde oopgebreek in die klaskamer, in ’n VCSV-kringetjie, op die sportveld of tydens ’n kamp of
toer
. Daardie sluimerende, Godgegewe potensiaal van elke leerder word ontdek en  begin dan ontluik. 

Só word gelukkige jongmense hier help ontwikkel en die  wêreld ingestuur. Gedagtig aan ons leuse en slagspreuk weet ons dat ons oor die regte materiaal beskik en dat ons in Sy naam en Sy krag ook van krag tot krag sal gaan.  As jy die beste hoërskool-ervaring soek, wag ons vir jou!

VISIE
Hoë gehalte onderwys op 'n Christelike grondslag waar leerders tot hul volle potensiaal ontwikkel.

 Erekode:
Omdat die mens sy lewe lank 'n soeker na geluk is, leer ons ons kinders ook dat ware geluk in die mens self gesetel is. Ons probeer daarom om ons kinders te leer dat ware geluk nie geleë is in dit wat jy het of ontvang nie, maar  veel eerder in dit wat jy
gee.
  Daarom moet ons leer om na mekaar uit te reik, om te deel, om te glimlag en om aan te raak.  Geluk is 'n parfuum wat jy nie op ander kan uitgiet sonder dat enkele druppels ook op
jouself
  val nie.

Aan die Hoërskool Adamantia stel ons ons ten doel om: 

  •  welopgevoede en verantwoordelike jongmense die wêreld in te stuur;
  • ons leerders te stimuleer tot deelname en betrokkenheid;
  • al die aspekte van ons leerders se menswees aan te spreek; dus om hulle gees (hart), verstand én liggaam te ontwikkel en te verruim;
  • by ons leerders 'n liefde en trots vir die eie — ons godsdiens, taal, land, gemeenskap, skool en ouerhuis te
    ontwikkel;
  • ons leerders te lei om, as skepsele van God, hulself  én  hul medemens te aanvaar, te eerbiedig en aan elkeen
    ruimte te gun;
  • aan elke leerder die geleentheid te bied om homself te ontdek en die mooiste in hom na vore te bring;
  • nooit met die tweede beste tevrede te wees nie, maar slegs met die allerbeste;
  • ons leerders te laat besef dat ware vreugde vanuit die mens self kom;
  • die waarheid, naamlik dat dit altyd te gou is vir moedverloor, by ons leerders in te skerp en vas te lê;
  • aanpasbaar, maar behoudend te wees;
  • ons leuse, WERK EN DIEN, in woord en daad uit te leef;
  • om ons leerders te leer dat sukses alleen moontlik is met die hulp van ons Hemelse Vader en dat ons sonder Hom niks sinvols kan vermag nie.

Boontoe

Adamantia is anders, want ...

  • Ons is 'n Afrikaanse en Christen-skool;

  • ons skool is klein en ons eerbiedig  elke leerder se uniekheid en persoonlikheid

  • gehalte onderwys geniet by ons voorkeur;

  • ons is opreg ingestel op ons leerders se toekoms;

  • ons kinders is vir ons kosbaar;

  • elke individu tel;

  • leerders verdwyn nie in die massa nie;

  • ons leerders is gelukkig;

  • ons Werk en Dien!

Pluspunte ...

  • TWEE restaurantkombuise

  • Deftige restaurant

  • Eie kunslokaal

  • 2 Hokkievelde, rugbyveld, nuwe krieketveld, nuwe  kolfblad en nette, nuwe tennisbane, 6 netbalbane  en nuwe

    pawiljoene en
    sporttoerusting

  • Mediasentrum

  • Skoolsnoepie

  • Eie klerewinkel by skool

  • Prestasiebeurse aan gr. 7’s  vir  prestasies in akademie, sport, kultuur en leierskap

  • TWEE toetsdae per week

  • Jaarlikse kampe, toere en uitstappies vir die VCSV en Landsdiens

  • Skitterprestasies tydens  Kunsfeeste

  • Erkenning by wyse van ere-toekennings

  • Eie noodhulpvereniging

  • Eie skoolkoerant

  • Skitterprestasies in alle vakke se Olimpiades en  Tweetaligheidseksamen

  • Wenners van talle Engelse Redenaarskompetisies

  • Talle sosiale  geleenthede vir leerders en ouers

  • Seniorbal, Gr. 12-konsert, Sottekonsert, Plaaswerf- en hotelfunksies

  • Baie billike Skoolfonds volgens gesin se inkomste;

  • Hoë standaarde in akademie, sport en kultuur

  • Onderwys van hoë gehalte

  • Hoogs opgeleide opvoeders

  • Geleenthede vir ELKE leerder in die skool

  • Goeie leerderdissipline

  • Hoë Christelike waardes

Boontoe

As 'n Afrikaanse Hoërskool in Kimberley ... 

  • stel Adamantia hoë eise aan sy leerders ten opsigte van pligsbesef, toewyding, netheid, dissipline, wellewendheid en 'n gebalanseerde lewensuitkyk;
  • word die skool bestuur deur 'n Beheerliggaam wat daarop ingestel is om op ingeligte wyse pro-aktief en strategies te beplan en op te tree;
  • word 'n omgewing geskep en in stand gehou waarbinne mense gelukkig kan saamwerk, 'n veilige ruimte  vir  effektiewe funksionering gevind wat bydra tot die behoud van hoë gehalte opvoeders en leerders;
  • bied die skool 'n wye kurrikulum wat rekening hou met die behoeftes en geleenthede in 'n snelveranderende omgewing;
  • is die skool altyd toeganklik, tree altyd in belang van sy leerders op en reageer altyd billik en effektief op behoeftes, geleenthede en belange;
  • steun die skool op ouerlike bondgenootskap, nie-diskriminasie en die handhawing van die hoogs moontlike morele en etiese standaarde.

Boontoe

 

www.dieknoop.com | www.rieme.co.za


| Akademie  •  Sport  •  Kultuur  •  Hotelskool •  Foto Album  •  Kontak Ons  •   Oud-Addies   •  Funksies  •  Tuisblad |


Laat ons jou webtuiste ook ontwerp!!
oOo
Kaart
     
Ka
View Larger Map