Welkom by Hoërskool Adamantia

Hoërskool Adamantia, Kimberley, is ‘n skool wat elke leerder vir die toekoms voorberei.
Ons is vandag ‘n gerekende skool wie se naam veel wyer strek as die grense van Kimberley en selfs die Noord-Kaap.
Hiervoor is sy mense, wat op alle terreine gewoeker en gearbei het, in hoofsaak verantwoordelik.

Die prestasies van ons leerders op akademiese, kultuur– en sport- gebied, en die naskoolse prestasies deur ons oudleerders, getuig van die gehalte mensemateriaal waaruit die skool saamgestel is en van die gehalte werk wat hier gelewer is en steeds gelewer word.
‘n Rede vir ons sukses is die hoë premie wat op die menswaardigheid van elke leerder se ewewigtige, gebalanseerde lewenswyse geplaas word.

Vir elke leerder word nuwe wêrelde oopgebreek in die klaskamer, in ’n VCSV-kringetjie, op die sportveld of tydens ’n kamp of toer.
Daardie sluimerende, Godgegewe potensiaal van elke leerder word ontdek en begin dan ontluik.

Só word gelukkige jongmense hier help ontwikkel en die wêreld ingestuur.
Gedagtig aan ons leuse en slagspreuk weet ons dat ons oor die regte materiaal beskik en dat ons in Sy naam en Sy krag ook van krag tot krag sal gaan.
As jy die beste hoërskool-ervaring soek, wag ons vir jou!

AKADEMIE
Hoë gehalte onderwys wat jaarliks talle skitterprestasies oplewer.
SPORT
Leerders blink uit selfs in nie-tradisionele skoolsport.
KULTUUR
'n Wye verskeindenheid geleenthede vir ontwikkeling op 'n kulturele vlak.
HOTELSKOOL
Die eerste tree na ‘n beroepswêreld met talle werksgeleenthede.

EREKODE

Aan die Hoërskool Adamantia stel ons ons ten doel om:

  • welopgevoede en verantwoordelike jongmense die wêreld in te stuur;
  • ons leerders te stimuleer tot deelname en betrokkenheid;
  • al die aspekte van ons leerders se menswees aan te spreek; dus om hulle gees (hart), verstand én liggaam te ontwikkel en te verruim;
  • by ons leerders ‘n liefde en trots vir die eie — ons godsdiens, taal, land, gemeenskap, skool en ouerhuis te ontwikkel;
  • ons leerders te lei om, as skepsele van God, hulself én hul medemens te aanvaar, te eerbiedig en aan elkeen ruimte te gun;
  • aan elke leerder die geleentheid te bied om homself te ontdek en die mooiste in hom na vore te bring;
  • nooit met die tweede beste tevrede te wees nie, maar slegs met die allerbeste;
  • ons leerders te laat besef dat ware vreugde vanuit die mens self kom;
  • die waarheid, naamlik dat dit altyd te gou is vir moedverloor, by ons leerders in te skerp en vas te lê;
  • aanpasbaar, maar behoudend te wees;
  • ons leuse, WERK EN DIEN, in woord en daad uit te leef;
  • om ons leerders te leer dat sukses alleen moontlik is met die hulp van ons Hemelse Vader en dat ons sonder Hom niks sinvols kan vermag nie.

VISIE

Hoë gehalte onderwys op ‘n Christelike grondslag waar leerders tot hul volle potensiaal ontwikkel.

ADAMANTIA IS ANDERS WANT

  • Ons is ‘n Afrikaanse en Christen-skool;
  • ons skool is klein en ons eerbiedig elke leerder se uniekheid en persoonlikheid
  • gehalte onderwys geniet by ons voorkeur;
  • ons is opreg ingestel op ons leerders se toekoms;
  • ons kinders is vir ons kosbaar;
  • elke individu tel;
  • leerders verdwyn nie in die massa nie;
  • ons leerders is gelukkig;
  • ons Werk en Dien!

PLUSPUNTE

  • TWEE restaurantkombuise
  • Deftige restaurant
  • Eie kunslokaal
  • 2 Hokkievelde, rugbyveld, nuwe krieketveld, nuwe kolfblad en nette, nuwe tennisbane, 6 netbalbane en nuwe pawiljoene en sporttoerusting
  • Skoolsnoepie
  • Eie klerewinkel by skool
  • Prestasiebeurse aan gr. 7’s vir prestasies in akademie,sport, kultuur en leierskap
  • TWEE toetsdae per week
  • Jaarlikse kampe, toere en uitstappies vir die Landsdiens
  • Skitterprestasies tydens Kunsfeeste
  • Erkenning by wyse van ere-toekennings
  • Eie noodhulpvereniging
  • Skitterprestasies in alle vakke se Olimpiades en Tweetaligheidseksamen
  • Wenners van talle Engelse Redenaarskompetisies
  • Wenners van Oppitong af en skryf kompetisies
  • Talle sosiale geleenthede vir leerders en ouers
  • Kuikenkonesert, Plaaswerf- en hotelfunksies
  • Mnr en Mej Addie
  • Baie billike skoolfonds volgens gesin se inkomste;
  • Hoë standaarde in akademie, sport en kultuur
  • Onderwys van hoë gehalte
  • Hoogs opgeleide opvoeders
  • Geleenthede vir ELKE leerder in die skool
  • Goeie leerderdissipline
  • Hoë Christelike waardes

PRESTIGEBAADJIE

XP Mathewson
Wêreldkampioen: Gemengde Gevegkuns – 2016
Witbaadjie: 2017

Johannes Jakobus du Toit
Toutrek: Eerste Plek Internasionaal – 2019
Witbaadjie: 2020

Lefran Smith
Oppie Tong Af: Redenaars Eerste Plek Nasionaal – 2019
Witbaadjie: 2020

Kontakbesonderhede

Tel: (053) 833 3557  •  Faks: (053) 833 3558  •  e-pos: ontvangs@addies.co.za


Kontakpersone

Mnr. A. de Kock (Skoolhoof)  •  Charmain Roets (Sekretaresse)